Breaking News
BRANDWAG NUUS - Die vermiste Felicia Micheals (15) se liggaam is gister deur polisiebeamptes in 'n vlak graf in 'n beboste gebied op Brandwag gevind.
Micheals, ook bekend as Blommie, is vandag presies 'n week terug om 12:00 lewend in die gebied gesien.
Gemeenskapslede van Brandwag, 'n woongebied duskant Mosselbaai, het gister saam met polisiebeamptes in die gebied na Micheals gesoek.
Haar liggaam is kort daarna gevind.
Intussen is 'n 27-jarige man wat ook op Brandwag woon, vir Micheals se moord in hegtenis geneem.
Bloedspatsel is glo in die verdagte se woning gekry.
Die man is tans in aanhouding en was glo bekend aan haar.
Die oorsaak van haar dood is nog nie bevestig nie en sal bekend gemaak word nadat 'n nadoodse ondersoek afgehandel is.
Da Gamaskop polisie ondersoek 'n saak van moord.
Die verdagte sal na verwagting more in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
Sy naam is aan die Mossel Bay Advertiser bekend. Hy sal eers geïdentifiseer kan word na sy eerste hofverskyning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’