Update
MOSSELBAAI NUUS - Die beskuldigde van die moord op Barbarians-rugbyspeler Leroy Koopman (34) het weer vlugtig weer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Na’min October (27) word daarvan beskuldig dat hy Koopman met ’n skerp voorwerp doodgesteek het.
Die saak is weer tot 29 Oktober uitgestel. October het nog nie gepleit nie.
Hy is kort na sy inhegtenisname aanvanklik eers borgtog geweier, maar hy het weer aansoek gedoen, wat toe suksesvol was.
Hy is op borgtog van R500 vrygelaat.
Vorige artikels:
- Bail hearing for accused in Koopman murder
- Tweede borgtogaansoek aan die gang in Koopman-moordsaak
- Mosselbaai Barbarians-speler vermoor
- Verdagte in Koopman-moord verskyn in hof
- 'Vandag ken ek my man se lyk uit' - Barbarians-rugbyspeler se weduwee
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’