Boonop is sy, 'n boorling van Windhoek, eerskomende Maandag, op die dag, al 20 jaar in Mosselbaai.
"Dit was maar 'n gesinsbesluit," verduidelik dié ma van twee haar uittrede, "Maar glo my, huil gaan ek huil as ek Vrydag moet groet."
Corika verduidelik dat werksomstandighede mense soms werklik dwing om nouer saam te werk en op dié manier raak mense besonder ná aan mekaar. Soos haar span.
"Hulle is soos mos. Dit groei op jou en gaan nie maklik af nie," lag sy.
Sy sukkel om die vraag te beantwoord oor wat sy alles geleer en hoe sy gegroei het in die 22 jaar.
"Dis te veel goed - ek dink nie ek kan een ding uitsonder nie. Ek sal jou 'n dag kan besig hou as ek moet begin verduidelik."
Maar daar is ook die bittersoet.
"In my werk het ek mense op van die grootste laagtepunte in hulle lewens ontmoet. Dis bitter swaar om vir mense te moet sê dat 'n geliefde dood is.
Maar aan die anderkant, is dit so 'n voorreg om uiteindelik vir slagoffers van misdaad te kan opstaan wanneer hulle dit nie self kan doen nie," verduidelik sy.
Sy sê dit gaan baie vreemd voel Maandag-oggend om op te staan en nie êrens heen te gaan nie. Alhoewel sy met verwagting uitsien na die nuwe fase van haar lewe, beken die 'speurder' in haar gou dat sy die ondersoekwerk beslis baie gaan mis.
Sy som op en sê dat werkservaring haar miskien van 'n 'oogklapmens' na 'wêreldwys' verander het, maar 'n vaste geloof in die Drie-enige God was deurlopend haar anker. Dit, en haar man, Johann.
Kapt Corika Beukes, omring deur geliefde kollegas tydens haar afskeid vandeesweek. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'