Update
MOSSELBAAI NUUS - ’n Pastoor van Mosselbaai het gister, op Vrydag 10 April weer in die Mosselbaai-streekhof verskyn op aanklagte van verkragting.
Die saak teen die beskuldigde, Fostino Jacobs (in sy 60’s), ’n pastoor van die Lighthouse Assembly of God, duur reeds vier jaar.
Jacobs is in Oktober 2022 in hegtenis geneem en word daarvan beskuldig dat hy die klaagster, ’n 22-jarige vrou wat destyds nog op hoërskool was, na bewering verskeie kere verkrag het, insluitend by die kerk.
Hy is vroeër op borgtog vrygelaat en pleit onskuldig op die aanklagte teen hom.
Die Staat en die verdediging het tydens ’n vorige hofsitting in Maart vanjaar hul getuienis gesluit.
Die verdediging het aangedui dat hulle van voorneme is om ’n aansoek ingevolge artikel 174 te bring om die beskuldigde op die aanklagte teen hom te laat ontslaan.
Die saak is gister uitgestel tot 29 Mei vir die landdros om uitspraak te lewer op die aansoek om ontslag.
Vorige artikels:
- Pastoorsvrou se boodskappe onder loep in hof
- Mosselbaai-pastoor weer in hof
- Mosselbaai-pastoor in hof oor klagte van verkragting
- Dag twee van pastoor se verkragtingsverhoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’