Update
MOSSELBAAI NUUS - Die hoofpastoor van die Lighthouse Assembly of God kerk op Mosselbaai, Fostino Jacobs (60), se verhoor op aanklagte van verkragting sal vandag in die Mosselbaai-streekhof voortduur.
Jacobs staar minstens agt aanklagte van verkragting in die gesig en het tydens ‘n vorige verskyning onskuldig gepleit.
Hy is in Oktober 2023 in hegtenis geneem en is op borgtog vrygelaat.
Die aanklagte spruit uit beweerde voorvalle in 2021 waartydens ‘n 20-jarige vrou op verskeie geleenthede, onder meer by dié kerk op Mosselbaai, na bewering deur Jacobs verkrag is.
Die hof was gister tydens die eerste dag van Jacobs se verhoor stampvol.
Die verdediging het aangedui die slagoffer sien nie kans om in die hof voor Jacobs te getuig nie, en het versoek dat sy in die tussenganger kamer getuig.
Mossel Bay Advertiser het die kerk om kommentaar genader, maar het nog nie kommentaar ontvang nie.
Kommentaar wat ontvang word sal in toekomstige berriggewing ingesluit word.
Vorige artikels:
Pastoor sê hy het nie jong vrou verkrag
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’