Update
MOSSELBAAI NUUS - ’n Pastoor wat op aanklagte van verkragting teregstaan het vandag, 15 September, in die Mosselbaai-streekhof verskyn.
Fostino Jacobs (60), hoofpastoor van die Lighthouse Assembly of God-kerk in Mosselbaai, word daarvan beskuldig dat hy ’n 20-jarige vrou by verskeie geleenthede in 2021 verkrag het.
Die slagoffer beweer dat die voorvalle ook binne die kerk plaasgevind het.
Vandag se hofverrigtinge het uit kruisondervragings bestaan en het in camera plaasgevind. Jacobs staan tereg op agt aanklagte van verkragting en het onskuldig gepleit.
Hy is in Oktober 2023 in hegtenis geneem en is op borgtog vrygelaat.
Die saak sal na verwagting tot Donderdag 18 September voortduur.
Mossel Bay Advertiser het die kerk om kommentaar genader, maar het nog geen ontvang nie.
*In gevalle van ’n seksuele aard mag die beskuldigde se naam gepubliseer word sodra hy/sy gepleit het.
Vorige artikels:
- Mosselbaai-pastoor in hof op klagte van verkragting
- Rape trial of pastor enters second day
- Pastoor se saak uitgestel vir kruisverhoor
- Slagoffer van beweerde verkragting deur pastoor getuig agter geslote deure
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’