Update
MOSSELBAAI NUUS - Die saak van ‘n hoofpastoor van Mosselbaai wat van verkragting aangekla word, is gistermiddag in die Mosselbaai-streekhof uitgestel na 23 Julie vir kruisverhoor.
Die slagoffer het die afgelope week haar getuienis gegee.
Dit het op versoek van die Staat in camera plaasgevind en lede van die publiek mag nie in die hofgebou tydens haar getuienis gesit het nie.
Fostino Jacobs (60) word daarvan aangekla dat hy 'n 20-jarige vrou na bewering in 2021 verskeie verkrag het.
Van die misdrywe het na bewering ook in die kerkgebou plaasgevind.
Hy staar agt aanklagte in die gesig.
Jacobs is in Oktober 2023 in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat.
Hy pleit onskuldig op die aanklagte teen hom.
Mossel Bay Advertiser het die kerk gekontak vir kommentaar oor die saak maar het nog nie kommentaar ontvang nie.
Indien dit ontvang word, sal die kommentaar by die volgende opdatering deur die Adverteerder oor hierdie saak gevoeg word.
Vorige artikels:
- Mosselbaai-pastoor in hof op klagte van verkragting
- Opvolg: Pastoor in hof
- Pastoor sê hy het nie jong vrou verkrag
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’