Update
MOSSELBAAI NUUS - Die slagoffer wat agt aanklagte van verkragting teen ‘n 60-jarige pastoor van Mosselbaai aanhangig gemaak het, sal op ‘n versoek van die Staat nie in die ope hof getuig nie, maar in camera.
Dit beteken lede van die publiek mag nie in die hof sit tydens die getuienis nie en slegs die Staat en die verdediging se regspanne is teenwoordig.
‘n Maatskaplike werker het vandag in die saak getuig en aan die hof gesê die slagoffer het paniekaanvalle gekry en sal negatief geaffekteer word indien sy in die ope hof haar getuienis moet gee.
Sy is as ‘n skaam en teruggetrokke persoon beskryf.
Die slagoffer was 20 jaar oud toe die beweerde misdrywe gepleeg is.
Vorige artikels:
Mosselbaai-pastoor in hof op klagte van verkragting
Pastoor sê hy het nie jong vrou verkrag
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’