Update
MOSSELBAAI NUUS - Dit is dag twee van die verhoor van ’n hoofpastoor in Mosselbaai wat verskeie aanklagte van verkragting in die gesig staar.
Kruisondervraging het gister in camera plaasgevind en lede van die publiek was nie in die hofsitting toegelaat nie.
Die verdagte, Fostino Jacobs (60) van die Lighthouse Assembly of God-kerk, word van minstens agt aanklagte van verkragting beskuldig.
Jacobs pleit onskuldig op al die aanklagte teen hom.
Die aanklagte spruit uit beweerde voorvalle in 2021 waartydens ’n 20-jarige vrou op verskeie geleenthede, onder meer by dié kerk op Mosselbaai, na bewering deur Jacobs verkrag is.
Die slagoffer sal vandag met haar getuienis voortgaan.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’