Update
MOSSELBAAI NUUS - Die landbouer van Herbertsdale, Frik Muller wat daarvan beskuldig word dat hy by drie gevalle tussen 6 Desember 2017 tot 25 Februarie 2018 mense op sy plaas aangerand het, se saak is in die Mosselbaaise streekhof tot 5 Maart 2019 uitgestel.
Muller is aanvanklik op Sondag, 4 Maart omstreeks 17:00 op sy plaas in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
In die distrikshof is 11 klagtes, onder meer van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding gewoon, beskadiging van eiendom en die besit van onwettige vuurwapens teen Muller gebring.
Sy herhaalde pogings om borgtog te bekom het misluk.
Lees vorige artikels:
- Rompslomp hou landbouer binne
- Herbertsdaler slagoffer van slenterstrik
- Borgtog geweier vir landbouer
- Landbouer steeds in aanhouding
- Borgtogaansoek vandag weer voor die hof
- Opvolg: Borgtogaansoek uitgestel
- Slenterspul met borgaansoeke in hof ontbloot
- Opvolg: Borgtogverhoor van boer
- Boer se borgtogaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'