Update
MOSSELBAAI NUUS - Volgens getuienis van die ondersoekbeampte, sers Rudi Swanepoel, het Muller se suster, Petra du Toit egter op Vrydag, 9 Maart ‘n oproep ontvang van iemand wat hom as ‘n kaptein in die polisie sou voorgestel het.
Die ‘kaptein’ sou aan Du Toit gesê het dat sy R15 000 in ‘n bankrekening moes inbetaal om borgtog te bewerkstellig.
Die ‘kaptein’ het aangedui dat die borgtogaansoek in die Mosselbaai-landdroshof op die Vrydag reeds voorkom weens die politieke sensitiwiteit van die saak.
Sy is ook gemaan om die oorbetaling dringend te doen aangesien die hof om 13:00 vir ete sluit.
Skynbaar is Du Toit toe toegelaat om met Muller ‘n kort gesprek te voor alvorens die verbinding na bewering onderbreek is.
Sy het egter ‘n Absa-rekeningnommer gekry waarin sy toe die geld oorbetaal het.
Sy het direk na die oorbetaling gedoen is, haar na die hof gehaas vir instruksies, net om te verneem dat Muller se borgtogaansoek nie plaasgevind het nie.
By die KwaNonqaba-polisie het sy verneem dat sy waarskynlik die slagoffer van ‘n skelmstreek was.
‘n Klagte van bedrog is by die Mosselbaai-polisie aanhangig gemaak en word deur Ao Briel ondersoek.
Volgens getuienis van die ondersoekbeampte, sers Rudi Swanepoel, het Muller se suster, Petra du Toit egter op Vrydag, 9 Maart ‘n oproep ontvang van iemand wat hom as ‘n kaptein in die polisie sou voorgestel het.
Die ‘kaptein’ sou aan Du Toit gesê het dat sy R15 000 in ‘n bankrekening moes inbetaal om borgtog te bewerkstellig. Die ‘kaptein’ het aangedui dat die borgtogaansoek in die Mosselbaai-landdroshof op die Vrydag reeds voorkom weens die politieke sensitiwiteit van die saak.
Sy is ook gemaan om die oorbetaling dringend te doen aangesien die hof om 13:00 vir ete sluit.
Skynbaar is Du Toit toe toegelaat om met Muller ‘n kort gesprek te voor alvorens die verbinding na bewering onderbreek is. Sy het egter ‘n Absa-rekeningnommer gekry waarin sy toe die geld oorbetaal het.
Sy het direk na die oorbetaling gedoen is, haar na die hof gehaas vir instruksies, net om te verneem dat Muller se borgtogaansoek nie plaasgevind het nie. By die KwaNonqaba-polisie het sy verneem dat sy waarskynlik die slagoffer van ‘n skelmstreek was.
‘n Klagte van bedrog is by die Mosselbaai-polisie aanhangig gemaak en word deur Ao Briel ondersoek.
Die borgtogaansoek wat Muller vandag gebring het, duur voort wanneer verrigtinge na ete hervat.
Prokureurs Hermie Wentzel en Wikus Kriel ondervra tans sers Swanepoel, wat borgtog vir die beskuldigde, Frik Muller teenstaan.
Muller word daarvan beskuldig dat hy by drie geleenthede oor ‘n bestek van tyd wat strek vanag 6 Desember tot 25 Februarie plaaswerkers op sy plaas sou aangerand het.
Klagtes van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die besit van onwettige wapens is onder meer teen hom aanhangig gemaak.
Die staat opponeer borgtog omdat Muller “’ bedreiging vir die klaers is, omdat die klaers vrees vir hul lewens, en omdat die gemeenskap van Mosselbaai gekant is teen borgtog vir die beskuldigde.”
Die borgtogaansoek wat Muller vandag gebring het, duur voort wanneer verrigtinge na ete hervat. Prokureurs Hermie Wentzel en Wikus Kriel ondervra tans sers Swanepoel, wat borgtog vir die beskuldigde, Frik Muller teenstaan.
Muller word daarvan beskuldig dat hy by drie geleenthede oor ‘n bestek van tyd wat strek vanag 6 Desember tot 25 Februarie plaaswerkers op sy plaas sou aangerand het.
Klagtes van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die besit van onwettige wapens is onder meer teen hom aanhangig gemaak.
Die staat opponeer borgtog omdat Muller “’ bedreiging vir die klaers is, omdat die klaers vrees vir hul lewens, en omdat die gemeenskap van Mosselbaai gekant is teen borgtog vir die beskuldigde.”
Die polisie is bekend met die modus operandi van misdadigers wat beskuldigdes teiken wat om borgtog aansoek doen.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'