Update
HERBERTSDALE NUUS - Die boer van Herbertsdale wat van poging tot moord en ander aanklagte tereg staan, het vandag vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
'n Formele borgaansoek sal op 15 Maart gebring word.
Die staat gaan die aansoek om borgtog opponeer.
Die man, mnr Frik Muller, bly in aanhouding tot en met die volgende verskyning.
Lees 'n vorige artikel: Boer van poging tot moord aangekla
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'