Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 32-jarige Fallon Edwards, wat van die moord op die 27-jarige Kirsty James aangekla word, het op Dinsdag, 31 Januarie vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Edwards het vroeër haar borgaansoek laat vaar en bly in aanhouding.
Edwards word daarvan verdink dat sy James wat na bewering een van haar beste vriendinne was, op 17 Oktober by haar werk in Springstraat, Mosselbaai meer as 64 keer met 'n mes gesteek het. James het op pad na die hospitaal aan haar wonde beswyk. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.
Intussen blyk dit dat Edwards moontlik 'n pleit-en-vonnis-ooreenkoms met die staat sal aangaan. Dit is egter nog nie bevestig nie en die saak is uitgestel tot 1 Maart.
Vorige artikels:
- Fallon laat vaar borgaansoek
- Kirsty 64 keer met mes gesteek
- Mesmoord: Borgaansoek uitgestel
- Vermoorde vrou het voorgevoel gehad
- Verdagte in moordsaak maak eerste verskyning
- Vrou wat met mes doodgesteek is geïdentifiseer
- Vrou sterf na mesaanval by kantoor
'Ons bring jou die nuuste Mosselbaai, Tuinroete nuus'