Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 32-jarige verdagte wat daarvan verdink word dat sy die 27-jarige Kirsty James op Maandag, 17 Oktober by haar kantoor in Mosselbaai met ‘n mes aangeval het, het vanoggend op Donderdag, 20 Oktober haar eerste hofverskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak.
James het by NDK Valuers gewerk en is tussen 15:30 en 15:50 aangeval.
Sy het verskeie steekwonde opgedoen waaraan sy later in die hospitaal beswyk het.
Fallon Edwards, die ma van twee jong kinders, het vlugtig in 'n stampvol hofsaal op 'n aanklag van moord verskyn. Die saak is uitgestel na 31 Oktober vir 'n formele borgaansoek. Edwards bly in aanhouding. Die omstandighede van die voorval word nog ondersoek.
Vorige berigte:
Die gang van die Mosselbaai-landdros hof was stampvol.
Familie en vriende van die oorledene Kirsty James en die verdagte, Fallon Edwards het Edwards se eerste hofverskyning bygewoon. Foto's: Dexter Brinkhuis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'