Update
MOSSELBAAI NUUS - Borgtog in die saak van die 32-jarige Fallon Edwards, wat van die moord op die 27-jarige Kirsty James aangekla word, is op Maandag, 31 Oktober in die Mosselbaai-landdroshof uitgestel tot 10 November.
Edwards word daarvan verdink dat sy James by NDK Valuers waar James gewerk het, op 17 Oktober verskeie kere met 'n mes toegetakel het.
Sy het verskeie steekwonde opgedoen waaraan sy later in die hospitaal beswyk het.
Edwards, die ma van twee jong kinders, het reeds tydens 'n vorige geleentheid in 'n stampvol hofsaal op 'n aanklag van moord verskyn.
Die saak is Maandag uitgestel sodat 'n media-aansoek waarin toestemming gevra word om foto's tydens die hofprosedure te mag neem, oor beslis kan word.
Edwards bly in aanhouding.
Vorige berigte:
- Vermoorde vrou het voorgevoel gehad
- Verdagte in moordsaak maak eerste verskyning
- Vrou wat met mes doodgesteek is geïdentifiseer
- Vrou sterf na mesaanval by kantoor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'