Update
MOSSELBAAI NUUS - In 'n onverwagse wending het die 32-jarige Fallon Edwards, wat van die moord op die 27-jarige Kirsty James aangekla word, vandag op Maandag, 5 Desember in die Mosselbaai-landdroshof haar borgaansoek laat vaar.
Die rede vir hierdie besluit is nie bekend nie.
Edwards word daarvan verdink dat sy James op 17 Oktober by haar werk in Springstraat meer as 64 keer met 'n mes gesteek het.
Die saak is uitgestel tot 31 Januarie, 2023. Edwards bly dus in aanhouding.
Vorige artikels:
- Kirsty 64 keer met mes gesteek
- Mesmoord: Borgaansoek uitgestel
- Vermoorde vrou het voorgevoel gehad
- Verdagte in moordsaak maak eerste verskyning
- Vrou wat met mes doodgesteek is geïdentifiseer
- Vrou sterf na mesaanval by kantoor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'