In Januarie 2003 is Erfenis Wes-Kaap gestig as die provinsiale erfenisbrongesag vir die provinsie kragtens die Wet op Nasionale Erfenisbronne, wet 25 van 1999. Dit is verantwoordelik vir die bevordering van samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede vir die uitkenning, bewaring en bestuur van erfenisbronne vir alle gemeenskappe in die Wes-Kaap.
Bewaring van erfenisbronne het kulturele, politieke, opvoedkundige en ekonomiese waarde wat bydra tot die suksesvolle ontwikkeling van die Wes-Kaap.
Erfenis Wes-Kaap:
- Werk saam met provinsiale, munisipale en nasionale owerhede.
- Skakel met eienaars van erfenisbronne, gemeenskappe en alle ander partye wat belangstel.
- Verseker die voortgesette bewaring van ons erfenis.
- Bemark aktief die volle verskeidenheid van ons erfenis.
- Ken erfenispersele uit wat van belang is vir gemeenskappe wie se profiel, herinnerings en waardes voorheen opsy geskuif is.
- Bewaar die kulturele erfenisbronne van die Wes-Kaap as uiteenlopend, maar algemeen, in die uitbeelding van beide die prestasies en botsings van die verlede en 'n vooruitsig van 'n ryklik bedeelde toekoms en 'n tuiste vir al die mense van die Provinsie.
- die Suid-Afrikaanse Erfenisbronagentskap (SAEBA)
- die nasionale Departement van Kuns en Kultuur
- plaaslike owerhede in die Wes-Kaap
- eienaars en ontwikkelaars van erfenisbronne in die Wes-Kaap
- die provinsiale Departement van Kultuursake en Sport wat die taak gekry het om die Raad vir Erfenis Wes-Kaap in die uitvoering van hulle professionele en administratiewe take by te staan.