Update
MOSSELBAAI NUUS - Uitspraak sal na verwagting vandag in die Mosselbaai-streekhof gelewer word in die saak van Johnathan Kannemeyer (52) wat van die moord op Mosselbaaier, Anestacha September verdink word.
Anestacha is in Augustus 2014 laas lewend gesien is.
Na verskeie uitgebreide soektogte, is haar oorskot in Februarie 2015 naby die Gondwana-wildreservaat in die Herbertsdale-omgewing gevind.
Kannemeyer is bykans 16 maande na die oorledene se verdwyning aangekeer. Hy is reeds sedert sy arrestasie in Desember 2015 in aanhouding en het verskeie borgaansoeke gebring.
Lees vorige artikels:
- September-moordsaak vorder stadig
- Deskundiges getuig in September-moord
- Deskundiges getuig in September-saak
Familielede en vriende van die vermoorde Anestacha September in die Mosselbaai-streekhof.
Zelda Beukes, voormalige GPF-voorsitter van die Da Gamaskop-polisiesone wat sedert September se verdwyning betrokke was by die soektogte en om die gemeenskap te mobiliseer, woon ook die hofverrigtinge by. Langs haar is September se stiefma, Muriel Komani.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'