Update
MOSSELBAAI NUUS - Die man wat teregstaan op 'n aanklag van moord op 'n Mosselbaaise vrou wat in Augustus 2014 as vermis aangemeld is, was verlede week weer voor die hof toe die ondersoekbeampte in die saak, sers Adele Binneman, haar getuienis gelewer het.
Anestacha September (35) se oorskot is vyf maande ná haar verdwyning in Februarie 2015 in 'n afgeleë deel buite Herbertsdale naby die Gondwana-wildsplaas gevind. 'n Voormalige vriend van September, Johnathan Kannemeyer (51) is in Desember 2015 in hegtenis geneem en van September se moord aangekla.
Hy is sedertdien in aanhouding in die gevangenis op George.
Deskundige getuies insluitend die forensiese antropoloog Belinda Speed van Kaapstad, was onder dié wat voorheen in die saak getuig het. In haar getuienis het Speed verduidelik hoe haar span te werk gaan en dat hulle slegs met beendere werk om die identiteit van die oorledene te bepaal.
Die saak is uitgestel na 9 en 10 Januarie 2020, wanneer sers Binneman haar getuienis sal voortsit.
Sersant Adele Binneman.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'