Update
MOSSELBAAI NUUS - Die verdagte in die moord op Colin Bone, ‘n bejaarde inwoner van Groot-Brakrivier, bly ná sy mees onlangse verskyning in die hof, steeds in aanhouding.
Weens die sensitiewe aard van die ondersoek, het die polisie ook versoek dat die verdagte se naam ook nie genoem word nie.
Hy het op Dinsdag, 17 Oktober, op Groot-Brakrivier in die landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en moord.
Die saak is verder uitgestel tot 7 November vir verdere ondersoek en ‘n borgaansoek op dié dag.
Bone, wat vermoedelik op Sondag, 17 September, op sy hoewe met ‘n piksteel aangerand is, is weens sy beserings in die hospitaal oorlede op 26 September.
‘n Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat Bone met onder meer ‘n piksteel oor sy kop geslaan is. Daar was ook ‘n bebloede klip op die toneel. Hy is vanaf die George hospitaal na die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.
Sy wit Opel Astra en sy selfoon is gesteel. Die verdagte is kort daarna op Villiersdorp in hegtenis geneem. Die voertuig is ook in dié gebied gevind.
Vorige artikels:
- Verdagte in Groot Brak-moord weer in hof
- Groot Brak inwoner sterf na aanval
- Verdagte vas na aanval op Hoewe-eienaar
- Honde waak by hul eienaar
- Man op kleinhoewe aangeval is in koma
- Man kritiek na aanval op plaas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’