Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Bejaarde inwoner van Groot-Brakrivier, Colin Bone, wat vermoedelik op Sondag, 17 September, op sy hoewe met ‘n piksteel aangerand is, is gister weens sy beserings oorlede.
Bone se buurman het die volgende dag op Maandag 18 September op hom afgekom waar hy ernstig beseer was.
Sy drie Jack Russels het by hom gewaak.
‘n Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat Bone met onder meer ‘n piksteel oor sy kop geslaan is. Daar was ook ‘n bebloede klip op die toneel. Hy is vanaf die George hospitaal na die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.
Sy wit Opel Astra en sy selfoon is gesteel en ‘n 29-jarige man is kort daarna in Villiersdorp in hegtenis geneem.
Die voertuig is ook in dié gebied terug gevind.
Die verdagte het die afgelope Maandag vlugtig op Groot-Brakrivier in die landdroshof verskyn op ‘n aanklag van huisroof en poging tot moord.
Die saak is uitgestel tot Dinsdag, 3 Oktober, en die aanklag van poging tot moord sal nou verander word na moord.
Vorige artikels:
- Verdagte vas na aanval op Hoewe-eienaar
- Honde waak by hul eienaar
- Man op kleinhoewe aangeval is in koma
- Man kritiek na aanval op plaas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’