MOSSELBAAI NUUS - 'n Bejaarde man is in ‘n kritieke toestand nadat hy op ‘n plaas buite Groot-Brakrivier naby Reebokfontein aangeval en beroof is.
Polisiewoordvoerder, sers Lauriane Botha sê die vermoede bestaan dat die slagoffer, wat in sy 70’s is, gister deur die loop van die dag aangeval is.
Die presiese tyd van die aanval is egter nog nie bekend nie. ‘n Buurman, wat vanoggend ‘n afspraak met die eienaar van die plaas gehad het, het op die toneel afgekom. “Die buurman het gesien dat die motorhuis en die agterdeur oop staan en het toe op die bebloede slagoffer in die huis afgekom.”
Die slagoffer het 'n ernstige kopbesering opgedoen. Die man se wit Opel Astra is gesteel en word steeds vermis. Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek ‘n saak van huisroof.
Dit is nog nie bekend hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was nie. Die slagoffer het alleen op die plaas gewoon.
Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak sers Nel 079 893 9943.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’