Update
MOSSELBAAI NUUS - Die verdagte in die moord op Colin Bone, ‘n bejaarde inwoner van Groot-Brakrivier, bly steeds in aanhouding.
Die man het vandag, 3 Oktober, weer op Groot-Brakrivier in die landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en moord.
Die saak is uitgestel tot 17 Oktober vir verdere ondersoek en ook ‘n borgaansoek op dié dag.
Die aanvanklike aanklagte in die saak was huisroof en poging tot moord, maar is ná Bone se afsterwe op 26 September na huisroof en moord verander.
Bone, wat vermoedelik op Sondag, 17 September, op sy hoewe met ‘n piksteel aangerand is, is weens sy beserings in die hospitaal oorlede.
‘n Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat Bone met onder meer ‘n piksteel oor sy kop geslaan is. Daar was ook ‘n bebloede klip op die toneel. Hy is vanaf die George hospitaal na die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.
Sy wit Opel Astra en sy selfoon is gesteel. Die verdagte is kort daarna op Villiersdorp in hegtenis geneem. Die voertuig is ook in dié gebied gevind.
Vorige artikels:
- Groot Brak inwoner sterf na aanval
- Verdagte vas na aanval op Hoewe-eienaar
- Honde waak by hul eienaar
- Man op kleinhoewe aangeval is in koma
- Man kritiek na aanval op plaas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’