Update
MOSSELBAAI NUUS - Vir die soveelste keer is uitspraak in die landbouer van Herbertsdale, Frik Muller se borgtogaansoek weereens uitgestel, hierdie keer omdat die staatsaanklaer olik was.
Landdros Clifton Maseti het weens die onvoorsiene omstandighede die saak verder uitgestel tot Donderdag, 28 Junie, en het onderneem om dan uitspraak in die verdere borgtogaansoek wat met nuwe feite gebring is, te lewer.
Die landdros, wat self dan met verlof sal wees, het onderneem om spesiaal op dié dag weens die erns van die saak beskikbaar te wees.
Muller bly in aanhouding.
Hy word daarvan beskuldig dat hy by drie gevalle tussen 6 Desember 2017 tot 25 Februarie 2018 mense op sy plaas aangerand het.
Hy is aanvanklik op Sondag, 4 Maart omstreeks 17:00 op sy plaas in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Lees vorige artikels:
- Opvolg: Landbouer se aanrandingsaak
- Landbouer van Herbertsdale steeds in aanhouding
- Landbouer se saak weereens uitgestel
- Landbouer: Saak weer uitgestel
- Borgtog geweier vir Landbouer
- Landbouer steeds in aanhouding
- Borgtogaansoek vandag weer voor die hof
- Opvolg: Borgtogaansoek uitgestel
- Slenterspul met borgaansoeke in hof ontbloot
- Opvolg: Borgtogverhoor van boer
- Boer se borgtogaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'