Update
MOSSELBAAI NUUS - Landdros Maseti sal Dinsdag, 19 Junie uitspraak gee in die verdere aansoek om borgtog met nuwe feite wat die regspan van 'n landbouer van Herbertsdale, Frik Muller, vandag in die Mosselbaai-distrikshof gebring het.
Die landdros het vanmiddag verrigtinge tot dan verdaag.
Muller bly steeds in aanhouding. Muller word daarvan beskuldig dat hy by drie voorvalle sedert 6 Desember 2017 tot 25 Februarie 2018 mense op sy plaas aangerand het.
In totaal is 11 klagtes, onder meer van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding gewoon, beskadiging van eiendom en die besit van onwettige vuurwapens teen Muller gebring.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'