MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Brand en Rampbestuursdienste se brandbestryders het van die brand by Haelkraal onttrek nadat hulle oornag gehelp het om met beheerde brande die situasie grootliks onder beheer te bring.
Voorts sal die Eden Distriksmunisipaliteit se brandbestryders in beheer van die opruimings- en verdere brandbestryding wees.
Die Mosselbaai munisipaliteit se direkteur van gemeenskapsdienste, Elize Nel bedank die brandbestryders vir die enorme werk en toewyding om die brand, wat sedert Dinsdag woed, grootliks onder beheer te bring.
Geen strukture het in die slag gebly nie, hoewel 'n informele nedersetting asook sommige plaaswonings wel by tye in gedrang was.
"Die munisipaliteit en elke betrokke brandbestryder bedank ook die publiek wat weereens ruim skenkings van water, koeldrank, eetgoed en verversings, selfs oogdruppels, gemaak het.
"Dis bemoedigend dat Mosselbaaiers die brandbestryders so goed ondersteun.
"Hoewel die munisipaliteit rantsoene aan Mosselbaai se brandbestryders verskaf het, was daar tot 100 persone, onder meer landbouers en plaaswerkers, wat by tye hard gehelp het om die brand onder beheer te bring.
"Mosselbaaiers se skenkings is wyd gedeel met almal."
Lees vorige artikels:
• Latest fire update
• Brandbestryders benodig kos en water
• Update on raging fires
• Latest on fires
• Winde bemoeilik brandbestryding
• Fire: 400 Hectares of plantation destroyed
• Latest on Haelkraal fire
• Update on Haelkraal fire
• Haelkraal fire update
• Update on fire at Haelkraal
Raadslid Mark Furness en lede van Mosselbaai se Round Table het besighede uitgedaag om ruim by te dra - hulle het verskeie kere die brandtoneel besoek om hul eie en ander se verversings tot daar te vervoer.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'