MOSSELBAAI NUUS - Brandbestryders wat tans twee groot brande in die omgewing beveg, het 'n dringende behoefte aan veral water maar ook kos.
Die meer as 50 brandbestryders van onder meer die Eden Distriksmunisipaliteit, Provinsie, Working on Fire, Mountain to Ocean en Fire Protection Agency werk in versengende hitte en het 'n groot behoefte aan kos en koue water in hanteerbare waterhouers.
Enige verversings soos sjokoladestafies, koue water in 500ml houers, koeldrank in blikkies of klein botteltjies en toebroodjies of hamburgers kan by die Mosselbaai Brandweerstasie afgegee word, wat dit op hul beurt na die personeel by die brande sal versprei.
Tot dusver het Mosselbaai Munisipaliteit rantsoene aan hul brandbestryders beskikbaar gestel. maar die behoefte aan verversings in heerstende weersomstandighede is baie groot.
Lees verwante artikels:
• Update on raging fires
• Latest on fires
• Winde bemoeilik brandbestryding
• Fire: 400 Hectares of plantation destroyed
• Latest on Haelkraal fire
• Update on Haelkraal fire
• Haelkraal fire update
• Update on fire at Haelkraal
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'