MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-polisie is op soek na vyf verdagtes wat die winkel Foodzone op Sondag, 26 November beroof het.
Volgens die polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer het vyf mans om ongeveer 16:50 Sondagmiddag by die winkel in Da Nova ingestap.
Volgens die klaer in die saak het die verdagtes in die winkel rondgekyk waarna een van die mans na die toonbank gestap het om vir items wat hy van die rakke af gevat het, te betaal.
"'n Ander verdagte het op dieselfde tyd om die toonbank gestap en die klaer met 'n mes gedreig.
"Die mans het geld uit die kasregister gevat en ook die klaer se selfoon afgevat waarna hulle gevlug het."
Niemand is in die voorval beseer nie. Die verdagtes het in 'n wit BMW 320 met 'n CA-registrasienommer gevlug.
Die voertuig het wynrooi-merke op die voorkant, vermoedelik van 'n botsing en ook merke aan die linker-voorkant en linker-agterdeur.
Die linker-hooflig is ook beskadig.
Die polisie benodig die publiek se hulp om die verdagtes op te spoor. Indien u hierdie voertuig sien, kontak die Mosselbaai-polisiestasie by 044 606 2804.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'