Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n 74-jarige voetganger is vanoggend op die N2 naby die Danabaai-ingang doodgery.
Volgens die KwaNonqaba-polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Kappie Kapp, het die oorledene na wat verneem word die pad oorgesteek toe ‘n voertuig hom getref het.
Die voorval het om ongeveer 10:30 gebeur.
Hy is op die toneel dood verklaar.
Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.
KwaNonqaba-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’