MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se strande is aansienlik skoner na 'n nuwe plaaslike inisiatief wat inwoners bewus maak en motiveer om rommel op te ruim.
Oor die afgelope paar maande het Pest Police Garden Route, wat die inisiatief georganiseer het, spesiale dae gereël om die rommel te pak en die gemeenskap is gevra om die strande te help skoonmaak.
Op Saterdag 23 Augustus was die Die Punt se beurt. Vroeër, op 19 Julie, het Diasstrand ook 'n skoonmaakproses ondergaan.
Mosselbaai se strande is eintlik baie skoon, maar die ewige sigaretstompies, plastiese bottelproppies en skyfiepak-kies lê maar nog steeds orals gesaai.
Bierbottels, koeldrankbottels en baie gebreekte glasbottels ontsier ook die strande.
Alle lede van die publiek, groot en klein, word aangemoedig om deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’