Breaking News
DANABAAI NUUS - ’n Volkswagen Polo wat gister, Sondag 31 Augustus, vermoedelik as ’n ontsnapvoertuig gebruik is nadat daar op ’n 25-jarige polisiekonstabel by sy huis in George geskiet is, is kort daarna in Danabaai gevind.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, sê die polisiebeampte, wat ten tye van die voorval nie aan diens was nie, is om ongeveer 03:40 op Sondag 31 Augustus in sy huis in Meadestraat in George geskiet.
Die slagoffer het verskeie skietwonde aan sy liggaam opgedoen en is steeds in ’n hospitaal in George waar hy behandeling ontvang.
Die motief agter die voorval is nog nie bekend nie.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Die George-polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’