SUID-KAAP RUGBY NUUS - Albertinia-versorgingsdienste het op Vrydag, 26 Julie aan die jaarlikse Hessequa-sportdag deelgeneem.
Boonop was hulle onder die top drie van die sewe spanne van die Hessequa-streek wat deelgeneem het.
Johan Pieterse en Merry Vogel is onderskeidelik as die Meneer en Mevrou Hessequa gekroon.
Bestuurder Heleen van den Heever en die spanleiers Claudia Terblanche, Huibrie Oosthuizen, Debbie Wellen en Marietjie Ludick was behoorlik trots op die span.
Die oudste deelnemer by die sportdag was mev Dorothy Johnson (94 jr) van Albertinia.
Albertinia se span het uitstekend gevaar tydens die pas afgelope Hessequa-sportdag. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'