Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 27-jarige veroordeelde moordenaar, Thamsanqa Sishuba het gister sy getuienis teen sy vriend, die 29-jarige verdagte, Stephen Lekoro in die rondgaande Hoërhof op Mosselbaai begin.
Lekoro word daarvan verdink dat hy die baasbrein agter die grusame dubbelmoord op ‘n egpaar van Groot Brakrivier is.
Die 72-jarige Tewie Human en sy 62-jarige vrou, Eurika is in Junie 2016 met ‘n panga en ‘n mes by hulle woning in Sandhoogtepad aangeval. Sishuba dien tans twee lewenslange vonnisse uit vir sy aandeel in die moord.
Sishuba het getuig dat hy en Lokoro die naweek voor voorval die moord beplan het. Hy sê hulle het die Humans se woning van agter genader en dat hy weggehardloop het nadat hy vir Tewie een keer met ‘n Panga geslaan het.
Sishuba beweer dat Lekoro ‘n mes wat tydens ‘n nadoodse ondersoek in Tewie se klere gevind is, op die dag van die moord saamgevat het. Hy sê Lekoro het die aand aan hom bely dat hy Eurika vermoor het.
Sishuba sê Lekoro het hom van uit Lesotho gebel en hom aangeraai om van die polisie te vlug. Sishuba sal vandag sy getuienis voortsit.
Lees vorige artikels:
- Gru besonderhede oor moord op Humans
- Staat roep die eerste getuies
- Polisiebeampte wat eerste op moordtoneel kom getuig
- Getuie ken verdagte op foto's uit
- Humans het glo oor verdagte gestry
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
- Double murder accused back in court
- Voortvlugtige moordverdagte vasgetrek
- Vermeende 'meesterbrein' vas na 2 jaar
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'