MOSSELBAAI NUUS - Aldrich Kruger (11), 'n Mosselbaaise seun wat reeds diep in harte gekruip het ver buite die landsgrense van Suid-Afrika, vanweë sy verbete kankerstryd, word 12 jaar oud op 11 Julie.
Omdat die hou van 'n groot verjaarsdag-partytjie tans vanweë onder meer die nasionale inperking buite die kwessie is, het die Krugers besluit om 'n verbyrypartytjie vir hom te hou.
Van die plaaslike motorfietsklubs is reeds aanboord om op 11 Julie tussen 12:00-15:00 by die Krugers se huis in Danie de Jagerstraat te gaan "lawaai maak".
"Ons vra by voorbaat om verskoning aan ons bure, maar ons wil net Aldrich se dag spesiaal maak en almal is welkom," sê Lisa, Aldrich se ma.
Aldrich stry teen fase 4 papillêre skildklierkanker.
Verwante artikels:
- Bokke en renjaers bankvas agter Aldrich
- Bittersoet moedersdag in hospitaal
- Aldrich se droom word waar
- 11-jarige kankerlyer terug by die huis
- Struikelblok in 11-jarige se kankerstryd
- Steun11-jarige se kankerstryd
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'