Update
MOSSELBAAI NUUS - Aldrich Kruger, 'n graad-5 leerder by Laerskool Park wie aan stadium vier papilêre skildklierkanker ly, is terug by die huis nadat hy by die Rooikruis-kinderhospitaal behandel is.
Aldrich het 'n suksesvolle operasie ondergaan om sy skildklier en die limfknoppe in sy nek te verwyder. Die kanker het ook na Aldrich se longe versprei en dokters het verwag om dit met radioaktiewe jodium te behandel na sy operasie.
Ongelukkig het Aldrich dubbele longontsteking ontwikkel en behandeling moes uitgestel word sodat Aldrich eers kon genees.
Hy is Woensdag, 8 April terug huis toe. Aldrich se ma, Lisa, het vir die Mosselbaai Advertiser vertel dat Aldrich goeie en slegte dae ervaar en moet soms suurstof ontvang. Sy is nietemin tevrede met sy vordering.
Die Kruger-familie sal op 4 Mei terug Rooikruis-kinderhospitaal toe gaan sodat Aldrich die radioaktiewe jodium behandeling kan ontvang, wat vir ongeveer 'n maand sal duur. Daarna sal Aldrich elke ses maande die behandeling ontvang.
Die gemeenskap kan die jongste verwikkelinge van Aldrich se kankerstryd volg op sy Facebook-blad, Aldrich the Strong.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'