Update
MOSSELBAAI NUUS - Vir die negende keer sedert sy arrestasie het die landbouer van Herbertsdale, Frik Muller, vandag weer 'n bloutjie by die Mosselbaaise landdroshof geloop in 'n poging om 'n borgtogaansoek te bring.
Muller bly in aanhouding tot en met sy volgende hofverskyning op 15 Junie, wanneer 'n borgtogaansoek met nuwe feite in die distrikshof gebring sal word.
Die borgtogaansoek wat met nuwe feite gebring sou word, is uitgestel omdat die ondersoekbeampte weens studieverlof nie beskikbaar was nie.
Muller se nuwe regsverteenwoordiger, Kerneels Meyer, het ook gevra dat die staatsaanklaer, Zandile Hobongwane enige verdere aanklagte, indien enige, voor die volgende hofdatum moet openbaar.
Muller word daarvan beskuldig dat hy by drie voorvalle sedert 6 Desember 2017 tot 25 Februarie 2018 mense op sy plaas aangerand het.
In totaal is 11 klagtes, onder meer van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding gewoon, beskadiging van eiendom en die besit van onwettige vuurwapens teen Muller gebring.
Lees vorige artikels:
- Landbouer se saak weereens uitgestel
- Landbouer: Saak weer uitgestel
- Borgtog geweier vir Landbouer
- Landbouer steeds in aanhouding
- Borgtogaansoek vandag weer voor die hof
- Opvolg: Borgtogaansoek uitgestel
- Slenterspul met borgaansoeke in hof ontbloot
- Opvolg: Borgtogverhoor van boer
- Boer se borgtogaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'