Update Warning: Graphic content
GROOT BRAK-RIVIER NUUS - 'n Mes wat vermoedelik gebruik is om Tewie Human (72) aan te val is deur 'n spesialis forensiese patoloog, dr Christa Hattingh in sy klere gevind toe sy hom tydens 'n nadoodse ondersoek ontklee het. Die skok getuienis is verlede week in die rondgaande Hooggeregshof op Mosselbaai deur Hattingh gemaak.
Human het minstens 11 kap- en steekwonde gehad. Die drie kaphoue wat vermoedelik met 'n kapmes aan sy kop toegedien is was fataal. Hattingh het getuig dat Tewie se liggaam nie in dieselfde fase van ontbinding as sy vrou, Eurika (62) was tydens die nadoodse ondersoek nie.
Dit kon weens verskeie redes wees, onder meer omdat Tewie op 'n kouer oppervlakte as Eurika gelê het, maar ook omdat hy vermoedelik nie dadelik dood is nie.
Hattingh kon slegs spekuleer oor hoe lank Tewie nog na die aanval op hom geleef het maar het getuig dat hy vermoedelik dadelik weens die diep kapwonde aan sy kop in 'n koma sou verval.
Sy het getuig dat hy dan weens vermoedelik bloedverlies sou doodgaan en ook weens die diepwonde aan sy kop, wat sy brein ook getref het.Die Humans is op 14 Junie, 2016 by hulle woning in Sandhoogtepad op Groot-Brakrivier vermoor. Tewie se liggaam is vier dae na die aanval in die motorhuis gevind en Eurika het op die egpaar se bed gelê. 'n Meswond aan haar keel sou volgens Hattingh haar dood veroorsaak het.
Die Humans se werknemer, Stephen Lekoro (29) word aangekla van moord en roof met verswarende omstandighede. Lekoro het na die dubbelmoord na Lesotho gevlug en is verlede jaar in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Hierdie mes is tydens 'n nadoodse ondersoek in Tewie se klere gevind.
Hy ontken die aanklagte teen hom maar het wel in 'n pleitverduideliking wat aan Regter Mark Sher voorgelees is erken dat hy Tewie op die betrokke oggend na bewering met 'n mes gesteek het omdat hy beweer Tewie hom met die vuis geslaan het na 'n rusie oor olie wat hy in 'n masjien moes gooi.
Volgens Lekoro se weergawe het hy toe van die toneel gevlug waarna sy vriend, die 27-jarige Thamsanqa Sisuba Tewie met 'n kapmes aangeval het. Lekoro ontken dat hy enigiets verder weet en ontken die aanklagte teen hom.
'n Lid van die speurtak by die Groot-Brakrivier-polisiestasie, ao Frik Schutte het getuig hoe hy toe hy eerste op die toneel aankom, gedink het Eurika leef dalk nog omdat daar lugborrels by 'n wond aan haar nek uitgekom het.
'n Paramedikus kon egter nie 'n polsslag vind nie en het aan Schutte gesê die lugborrels is waarskynlik vanweë die feit dat haar liggaam opgeblaas het.
Die saak gaan vandag voort.
Lees vorige artikels:
- Staat roep die eerste getuies
- Polisiebeampte wat eerste op moordtoneel kom getuig
- Getuie ken verdagte op foto's uit
- Humans het glo oor verdagte gestry
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
- Double murder accused back in court
- Voortvlugtige moordverdagte vasgetrek
- Vermeende 'meesterbrein' vas na 2 jaar
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'