Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het voortgegaan met dissiplinêre stappe teen 'n onderwyser van Laerskool Park en 'n verhoor is tans aan die gang by die Onderwys Arbeidsverhoudingeraad om die saak aan te hoor.
Die 42-jarige onderwyser word van verskeie seksuele misdrywe, wat seksuele aanvoring en verkragting insluit, aangekla.
Hy is verlede jaar in Desember, drie maande na sy inhegtenisname by die skool op borgtog van R15 000 vrygelaat.
Die verdagte is aan streng borgvoorwaardes onderhewig en is onder huisarres.
Sy naam mag nie bekend gemaak word tot hy gepleit het op die aanklagte teen hom nie en ook nie indien dit die identiteite van sy kinders of die slagoffers sal bekend maak nie.
Hy verdien steeds elke maand sy salaris, hangende die uitkoms van die dissiplinêre verhoor.
Die saak is vandag uitgestel tot 27 September vir 'n voorverhoor.
'n Voorverhoor is om te kyk of die saak gereed is vir verhoor.
Dit beteken dat die staat en die verdediging aan die hof moet aandui dat hulle gereed is, wat presies in geskil sal wees en of sekere erkennings gemaak sal word.
Vorige artikels:
- Onderwyser hoor vandag van borg
- "Staat gooi balle in die lig" - verdediging in onderwyser saak
- Staat soek onderwyser se 'ander' selfoon
- Onderwyser in hof: gruwel-legkaart besig om te ontvou
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’