Breaking News
MOSSELBAAI NUUS- ’n Onderwyser van die Laerskool Park op Mosselbaai sal na verwagting vandag weet of sy borgtogaansoek goedgekeur word wanneer hy weer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn,.
Die verdagte word daarvan aangekla dat hy graad 7-leerders wat in sy registerklas was, onder meer seksueel aangerand en verkrag het.
Die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 plaasgevind. Hy staan tereg op 19 aanklagte en daar is tans drie slagoffers.
Hy is op die 20ste September by die skool in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Weens die erns van die beweerde misdade moes die verdediging buitengewone redes verskaf waarom borgtog toegestaan moes word. Die verdediging het aan die hof gesê die verdagte het onder meer gesondheidsprobleme en wil tyd saam met sy gesin deurbring.
Die staat het egter aan die hof gesê dat die verdagte 'n selfmoordrisiko is en dat hy moontlik met die slagoffers in aanraking kan kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Vorige artikels:
- "Staat gooi balle in die lig" - verdediging in onderwyser saak
- Staat soek onderwyser se 'ander' selfoon
- Onderwyser in hof: gruwel-legkaart besig om te ontvou
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel