Breaking News Update
MOSSELBAAI NUUS - Borgtog is vandag onder streng voorwaardes aan 'n 42-jarige onderwyser van Laerskool Park in die Mosselbaai-landdroshof toegestaan.
Die verdagte moet R15 000 borgtog betaal en word onder huisarres geplaas.
Hy mag nie met enige van die getuies in die saak of met die drie slagoffers in kontak kom nie, en mag slegs die huis verlaat om inkopies te doen of om op Sondaeoggende kerk toe te gaan.
Hierdie is 'n ontwikkelde storie.
Vorige artikels:
- Onderwyser hoor vandag van borg
- "Staat gooi balle in die lig" - verdediging in onderwyser saak
- Staat soek onderwyser se 'ander' selfoon
- Onderwyser in hof: gruwel-legkaart besig om te ontvou
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’