Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Jaar nadat die 15-jarige Felicia Micheals (Blommie) se liggaam in 'n vlak graf in Brandwag ontdek is, sal die saak weer in Mosselbaai voortduur.
Die beskuldige, Neavan Misland (27), verskyn weer op 11 Februarie in die Mosselbaai-streekhof.
Die saak is voorheen in die Themablethu-streekhof in George aangehoor.
Micheals is laas op 26 Januarie verlede jaar lewend in die Brandwag-woongebied gesien. Sy was vir 'n week lank vermis voordat haar liggaam op 1 Februarie ontdek is.
Die ondersoekbeamptes het bloedspatsels in Misland se woning in Brandwag gevind. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.
Volgens sommige inwoners van Brandwag was Micheals in 'n verhouding met Misland gewees.
Felicia se ma, Elvira, het voorheen aan Mossel Bay Advertiser gesê dat Misland selfs gehelp het om na haar dogter te soek.
Misland het sy borgtogaansoek laat vaar en bly in polisieaanhouding tot sy volgende hofverskyning.
Vorige artikels:
- Verdagte in moordsaak glo hulp soek na haar liggam
- 'Blommie' in vlak graf begrawe
- Verdagte in meisie (15) se moordsaak laat vaar borgaansoek
- Roudiens vir 'Blommie' gehou
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’