MOSSELBAAI NUUS - Die bestuurder van die bakkie betrokke by ‘n noodlottige ongeluk naby Santos sou vandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn het, maar die saak is nie op die rol geplaas nie.
Die 28-jarige verdagte was in aanhouding en sou op aanklagte van strafbare manslag, dronkbestuur en verset teen arrestasie verskyn.
Polisiewoordvoerder, sers Chris Spies het bevestig die saak is nie op die rol geplaas nie weens uitstaande ondersoek verslae.
“Die saak sal by die nasionale vervolgingsgesag ingedien word sodra die ondersoek afgehandel is,” sê hy.
Die verdagte is intussen vrygelaat. ‘n Volgende hofdatum is nog nie bekend nie.
Die ongeluk het op Kersdag om ongeveer 15:20 op Georgeweg plaasgevind en die lewe van 'n 10-jarige dogtertjie geëis.
Spies sê volgens beskikbare verslae het beide die bestuurder asook die 10-jarige dogtertjie in die KwaNonqaba-area gewoon.
Minstens 11 ander passasiers is ook van die toneel af na die hospitaal geneem.
Vorige artikels:
Santos-ongeluk eis een lewe op Kersdag
Santos-ongeluk: een dood, minstens 11 passasiers na hospitaal
Santos-ongeluk: bestuurder vir dronkbestuur gearresteer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’