MOSSELBAAI NUUS - Die bestuurder van die bakkie betrokke by gister se ongeluk naby Santos, is gearresteer op aanklagte van strafbare manslag, dronkbestuur en verset teen arrestasie.
Die ongeluk het op Kersdag om ongeveer 15:20 op Georgeweg plaasgevind en die lewe van 'n 10-jarige dogtertjie geëis.
Minstens 11 ander passasiers is ook van die toneel af na die hospitaal geneem. Die omvang van hul beserings is onbekend.
Volgens polisie woordvoerder, sers Chris Spies, bly die 28-jarige verdagte in aanhouding en sal na verwagting Vrydag, 27 Desember, sy eerste verskyning in die Mosselbaai-landdroshof maak.
Spies sê volgens beskikbare verslae het beide die bestuurder asook die 10-jarige dogtertjie in die KwaNonqaba-area gewoon.
Hy sê die identiteit van die dogtertjie kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien die verdagte nog in die hof moet verskyn.
Die ondersoek duur voort.
Vorige artikels:
Santos-ongeluk eis een lewe op Kersdag
Santos-ongeluk: een dood, minstens 11 passasiers na hospitaal
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’