MOSSELBAAI NUUS - Een persoon is oorlede in 'n ongeluk wat vroeër vanmiddag, 25 Desember, op Georgeweg plaasgevind het.
Daar is ook ander slagoffers hospitaal toe geneem. Die hoeveelheid slagoffers en die omvang van hul beserings is tans onbekend.
Na wat verneem word was slegs een voertuig betrokke. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.
Nooddienste en die polisie is steeds op die toneel naby Santos/De Bakke.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’