MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai Polisie het 'n saak van strafbare manslag geopen ná 'n 10-jarige dogtertjie op die toneel van 'n ongeluk op Georgeweg dood verklaar is.
Volgens polisiewoordvoerder, sers Chris Spies, het die ongeluk vandag, 25 Desember, om ongeveer 15:20 plaasgevind.
Spies sê voorlopige verslae dui daarop dat die bakkie op Georgeweg onder weg was toe die voertuig omgeslaan het.
"Die dogtertjie het ernstige beserings opgedoen en is deur nooddienste op die toneel dood verklaar," sê hy.
"Die bestuurder en minstens 11 ander passasiers is na die hospitaal geneem vir mediese sorg. Die omvang van hul beserings is nog nie vasgestel nie."
Vorige artikel:
Santos-ongeluk eis een lewe op Kersdag
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’