Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie het steeds geen verdere antwoorde nadat die liggaam van 'n baba in 'n koelsak op Hartenbos se strand, ongeveer 'n maand gelede op 13 September ontdek is nie.
'n Verbyganger het op die liggaam van die baba afgekom. Die baba was in 'n pienk lap toegedraai, waarna die liggaam ook met 'n Pick n Pay-inkopiesak en 'n swartsak toegedraai is.
Die koelsak waarin die baba gevind is, is nie 'n algemene kleur nie en het kleurvolle patrone. Die gruvonds het vermoedelik by die Hartenbos-riviermond uitgespoel.
Die polisie se kommunikasiebeampte, kapt Malcolm Pojie kon wel intussen bevestig dat die baba 'n meisie was.
"Dit liggaam was tot so 'n mate ontbind dat die ras en ouderdom van die baba nog nie aan ons bekend is nie."
Die polisie doen nou 'n beroep op die omliggende gemeenskap en inwoners wat naby die rivier bly om na vore te kom met enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan.
Die ondersoekbeampte in die saak is ao Marizaan du Plessis van die Da Gamaskop-polisiestasie (044 606 2235) of (079 878 9003).
Vorige artikel:
- Baba op strand
- Lykskouing op baba voltooi
- Publiek se hulp gevra
- Liggaam van baba in sak op strand gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'