Update
HARTENBOS NUUS - Die polisie glo dat met die hulp van die publiek, meer inligting ingesamel sal word rondom die omstandighede van 'n voorval waartydens 'n baba se lykie op Dinsdag, 13 September in 'n koelsak op die strand in Hartenbos gevind is.
'n Strandganger het op die gruvonds om ongeveer 10:00 afgekom en die polisie gekontak.
Met die Mossel Bay Advertiser se aankoms op die toneel het die koelsak en 'n pienk lap verlate op die strand aan die westekant die rivierloop gelê.
Die baba is in 'n pienk lap toegedraai, waarna die liggaam ook met 'n Pick n Pay-inkopiesak en 'n swartsak toegedraai is. Die koelsak waarin die baba gevind is, is nie 'n algemene kleur nie en het kleurvolle patrone.
"Ons vra die publiek se hulp om na vore te kom indien enigeen die pienk lap of die kleurvolle koelsak herken. Enigeen met inligting oor iemand wat onlangs geboorte geskenk het en skielik nie meer 'n baba het nie, sal die ondersoekspan help," sê die polisie-kommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp.
Die geslag van die baba was nie teen die ter perse gaan bekend nie. Die polisie skat die ouderdom van die baba op drie maande of jonger maar die presiese ouderdom kon nie bevestig word nie.
Die forensiese beamptes, Kenwyn Barnardo en Nathan Moolman het die liggaam in 'n baba-drasak van die toneel verwyder.
Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak ao Marizaan du Plessis van die Da Gamaskop-polisiestasie kontak by 079 879 9003.
Vorige artikel: Liggaam van baba in sak op strand gevind
Die liggaam van die baba is in 'n drasak van die toneel verwyder.
Polisiebeamptes van die Da Gamaskop-polisiestasie op die toneel.
Enige persoon wat hierdie koelsak herken, word versoek om die ondersoekbeampte in die saak te kontak.
Die liggaam van die baba is in hierdie pienk lap toegedraai. Foto's: Louise Karsten
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Mosselbaai nuus'