Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Verskeie staande komitees van die Wes-Kaapse wetgewer besoek Mosselbaai, Oudtshoorn en Knysna hierdie week as deel van 'n oorsigbesoek om ondersoek te doen na dienslewering in die omgewing en om te kyk waar dit verbeter kan word.
Die staande komitee vir menslike nedersettings het Maandag, 30 Januarie by die Groot-Brakrivier gemeenskapsaal 'n sessie met lede van die publiek gehad om vrae rondom die behuisingsaanvraag-databasis toepassing te beantwoord.
FOTOGALERY: Oorsigbesoek om ondersoek te doen na dienslewering
Die leier van die Wes-Kaapse afvaardiging, Ricardo MacKenzie, sê hulle doen een keer 'n kwartaal 'n oorsigbesoek om te kyk na die werk wat die munisipaliteite doen maar ook waar hulle kan verbeter.
Die afgevaardigdes besoek vandag die Oudtshoorn-omgewing waar hulle met plaasboere gesels oor die impak wat beurtkrag op boerdery-aktiwiteite het.
Die Wes-Kaapse afvaardiging het ook die Gesamentlike Operasiesentrum (JOC) in Mosselbaai besoek. MacKenzie sê die sentrum is 'n groot sukses.
"Ons kyk na wat werk in die Mosselbaai-munisipaliteit om dit dan ook in ander munisipaliteite soos Beaufort-Wes, Saldanha, Vredendal en Matzikama toe te pas. Die onderburgemeester van Mosselbaai Munisipaliteit, raadsheer Cliffie Bayman, het die besoek van die staande komitees van die Wes-Kaapse wetgewer verwelkom.
Hy sê die behuisingsaanvraag-databasis toepassing het baie voordele omdat dit mense in staat stel om op hulle selfone te registreer.
Hulle hoef dus nie ver afstande af te lê om die munisipale kantore te besoek en in lang toue te staan nie. Die vereiste dokumente kan direk opgelaai word wat baie help, omdat mense in die verlede heen en weer moes reis om dit te kry.
Nog 'n sessie om die Behuisingsaanvraag-databasis toepassing aan die gemeenskap bekend te stel en te verduidelik word vir volgende maand beplan.
Video - Onderburgemeester, raadsheer Cliffie Bayman, verduidelik die behuisingsaanvraag-toepassing.
Video - Leier van die Wes-Kaapse Afvaardiging, Ricardo MacKenzie, oor hul besoek aan die Tuinroete.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'