• Nitrate: Dit is op beide plekke binne perke.
• Fosfate: Baie verhoogde fosfaat vlakke is aangetref (Lesing van 50 waar die aanvaarbare vlak 15.33 is).
• Fikale Kolivorme op beide plekke aangetref.
• Esherica coli (e-coli) op beide plekke aangetref.
Om die uitslae van die basiese toetse te bevestig sal SANS 241 toetse gedoen moet word. Eden Distrikmunisipaliteit se Gesondheidsdepartement het egter reeds op Vrydagoggend 15 April ook monsters geneem en vir ontleding na Kaapstad versend. Dié uitslae behoort teen Donderdag, 21 April bekend te wees.
Afriforum het reeds op 11 Februarie watertoetse op vier verskillende plekke in die Hartenbosrivier gedoen.