Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 32-jarige Fallon Edwards, wat van die moord op haar vriendin, die 27-jarige Kirsty James aangekla is, het vandag in die Mosselbaai-landdroshof ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Edwards is sedert haar in hegtenisname in Oktober verlede jaar in aanhouding.
James is meer as 64 keer met ‘n mes by haar werkplek in Springstraat, Mosselbaai gesteek.
Sy het oppad na die hospitaal aan haar wonde beswyk.
James het voltyds by NDK Valuers gewerk, maar Edwards was nie voltyds aangestel nie.
Hoewel die bewering was dat Edwards glo bedrog met die maatskappy se kredietkaart gepleeg het en die vermoede bestaan het dat Kirsty haar werkgewers daaroor ingelig het, beweer Edwards in haar pleitooreenkoms dat dit Kirsty was wat bedrog gepleeg het.
Sy sê in haar pleitooreenkoms dat Kirsty haar eerste met ‘n mes aangeval het, sy die mes by Kirsty afgeneem het, en haar toe met die wapen begin steek het.
Die staat het Edwards se pleitooreenkoms aanvaar en het gesê die feit dat sy skuld erken dien as versagtende omstandighede.
Sy is ook ‘n eerste oortreder en het twee jong kinders.
Edwards is tot effektief 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Vorige artikels:
- Fallon Edwards weer in hof
- Fallon laat vaar borgaansoek
- Kirsty 64 keer met mes gesteek
- Mesmoord: Borgaansoek uitgestel
- Vermoorde vrou het voorgevoel gehad
- Verdagte in moordsaak maak eerste verskyning
- Vrou wat met mes doodgesteek is geïdentifiseer
- Vrou sterf na mesaanval by kantoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’